16 Desember 2004 tot 15 January 2005 - Oos Afrika op die heroin roete

Inleiding

Vroeg in 2004 het ‘n paar van my vrinne en ekself besluit om Zanzibar te gaan verken. Klink na ‘n relatiewe eenvoudige en romantiese oefening. Spring op ‘n vliegtuig in Suid Afrika, land in Dar es Salaam -Tanzania, vat ‘n aansluitingsvlug in “Dar” en siedaar, jy is op die eiland wat bekend staan as “Karibu Zanzibar Unguja Island”. Dit alles sou ons ongeveer 6 na 7 ure geneem het. Maar nee, ons besluit om met ons avontuur motorfietse ‘n uitdagende roete te volg, wat die verkenning van die eiland na die “sagte” deel van die avontuur laat lyk.

Om diè avontuur ‘n meer – uit jou gemaksone- gevoel te gee het ons verder besluit om nie ‘n ondersteuningsvoertuig saam te nooi nie…. ook maar ten goede, as gevolg van onmoontlike rivierkruisings in Mosambiek en Tanzania. Nadat die nodige visums gereël is, derde party versekerings vir die fietse verkry is, geelkaarte en ander medikasie ontvang is, GPS kaarte gelaai is, en die roete beplanning gedoen is, was ons gereed om die.ekspedisie/avontuur te begin. Vroegoggend op die 16de Desember 2004 het ons by die Rose vulstasie op die Witbank snelweg net buite Pretoria ontmoet. Garth en Belinda op hul BMW1150 Adventure, Derrick op sy BMW 1100 GS en ek (Hein) en Marianne op ons 950 KTM Adventure.

Roete en ervarings

Die eerste skof vanaf Pretoria was redelik eenvoudig deurdat meeste van die roete op ‘n snelweg deurgebring is. Net anderkant Komatipoort, by die grenspos het ons die eerste van vele knelpunte teegekom. Die voertuie-tou na die grenspos was ongeveer 2 kilometer lank. Swaziland klink toe vir ons na ‘n goeie opsie. Om diè bottelnek vry te spring, glip ons toe deur die grenspos naby Tshaneni na Mosambiek. Ongeveer ‘n draai van 50 km, maar alles die opeenhoud werd. In Maputu het ons eers Suid Afrikaanse Rande vir die Mosambiekse Metica verruil – miljoene van die goed. Ongeveer 40 km noord van Maputu besluit ons toe om dit ‘n dag te roep en af te pak by Marracuene . Na ‘n amper onrybare sandpad (ongeveer 6 km) met ‘n motorfiets, het ons by die “Marracuene Lodge” aangekom. Die ontvangs was gul, die biere (Duece M of 2 M) yskoud en die “warm” hoenders, vars geslag. Die enigste bekommernis was die sandpad terug na die hoofpad…met rede!

Van hier is ons verder noord verby plekke soos Xai-Xai en Zavora na Inhambane. Buiten erge verkeer (onder andere groot hoeveelhede Suid Afrikaanse toeriste met hul  “grand” 4 by 4’s in vergeleke met die lokale voertuie) en ongelooflike hoeveelhede slaggate was daar geen probleme na Inhambane nie. Inhambane is ‘n pragtige ou Portugeuse kusdorpie met die nodige romantiek. Ons tuiste vir die nag was in een van die koshuisgeboue van die “Universade Eduardo Mondlane” andersinds bekend as ‘n Hotelskool. Vars geslagte hoenders en ‘n koue 2 M was weer op die spyskaart vir aandete, en ‘n onbeheersde partytjie by die Universiteit se saal het die instansie se bestaansreg ondersteun.

Die volgende oggend is ons steeds verder noord na Vilanculos. By diè populêre vakansie kusdorpie het ons afgepak by die Vilanculos kampeerterrein. Die moedertaal was aan die orde van die dag en selfs die eienaar van die kampeerterrein is ‘n Suid Afrikaner – Jan Hamman. Jan het ons egter tegemoet gekom met die betaling nadat hy gehoor het waarheen ons oppad was, en dit op motorfietse. Buiten die twee-myl koraalriwwe om te duik en soutwater “fly fishing” was hier ‘n verskeidenheid van aktiwiteie om jouself mee besig te hou. Garth en Belinda het selfs, tydens ‘n sonsondergang swem in die warm Mosambiekse see, trou aan mekaar beloof deur verloof te raak. Dit het natuurlik nog ‘n 2 M geregverdig.

Die natuur en lewe in die algemeen het dramaties verander hoe verder ons noord beweeg het. “Villages” was nou ‘n algemene gesig met tussenposes van ongeveer 10km. Vanaf Vilanculos tot by Beira – ‘n afstand van ongeveer 600km. – was ons onseker oor die beskikbaarheid van petrol, en het sodoende ekstra saam gekarwei. Derrick en ekself het 80km vanaf Beira toe nodig gehad om gebruik te maak van genoemde petrol. Tydens diè skof het ons weinig toeriste teegekom (omtrent 5 toeriste voertuie).  Ironies, was die paaie wat algaande verbeter het, moontlik die agfwesigheid van kommersiele bedrywighede…..of so het ons gedink!? Beira is ‘n ongelooflike historiese stad. Beskrywings soos Nelspruit na ‘n oorlog, romanties, verwaarloos, arm, ryk en potensiele hawestad het in my gedagtes opgekom terwyl ons na “Biques” gery het om te oornag. Biques (eienaar is ‘n ex - Suid Afrikaner – Ross) is ‘n restaurant (bekend vir goeie see kos en ongelooflike ligging) op die strand wat eens op ‘n tyd ‘n ingerigte kampeerterrein gehad het. Ross het maar weer die toilet geriewe oopgesluit en aan ons ‘n gedeelte van die strand uitgewys waar ons ons tente kon opslaan.

Marianne het ‘n tyd gelede ‘n weddenskap met my verloor. Die ooreenkoms was dat die een van ons wat wen enige restaurant van ons keuse vir ‘n ete mag kies, waar die ander een dan betaal. Ek het gewen, en omdat ek op ‘n vorige “trip” na Malawi hier aangedoen het, Biques as die restaurant aangewys. Marianne kon vir maande nie verstaan oor my keuse nie,nou vertaan sy. Hopelik kan ek weer so ‘n weddenskap met iemand wen?

Vanaf Beira het ons twee alternatiewe roetes gehad om verder noord te volg – in kort die maklike lange (1000km) of die moelike korte(250km). Uiteraard besluit ons toe op die moeilike korte. Vir die res van die dag het ons tyd spandeer op ‘n verspoelde, sanderige asook nat grondpad tot by Matondo, waar ons weer by ‘n geteerde pad aansluit wat ons reguit na die magtige Zambesi lei. Maar eers was dit weer tyd om erens te oornag. Met die hulp van Garth se GPS het ons toe by James White se Mphingwe Lodge uitgekom. Gelee op ‘n 110 000 hektaar plaas waarvandaan hy sy meubelfabriek in Beira met hout voorsien, het James 'n onbeskryflike boskamp met alle nodige geriewe gebou. Tydens aandete (nodeloos om te se – hoender en koue 2 M’s) was daar ‘n mengelmoes van tale aanwesig. Met die uitsondering van ons groepie en ‘n ander Suid Afrikaanse Landy met twee insittendes, was die res Europese kontrakwerkers in Mosambiek, onder andere om die pontboot by Caia oor die Zambesi te bou en die ou een op te knap.

Dit was uiters moeilik om vroegoggend hierdie bosparadys van James  met al sy westerse fasiliteite en sekuriteit agter te laat vir die onbekende noorde van Mosambiek. By Caia waar die pont gereed le om ons oor die Zambesi te vaar het ons weer voor twee keuses te staan gekom. Anders as die vorige dag moes ons nou besluit oor die lang moeilike of die kort maklike roete. Die lang moeilike roete word gekies. ‘n Laaste foto word geneem van die pont oor die Zambesi dan koop ons petrol uit geel kanne langs die pad om die fietse te vul voordat ons die uiters klipperige roete na die langste binnelandse brug in Afrika (ter wêreld op sy tyd) oor die Zambesi aanvat.

Die roete neem ons vanaf Caia, al langs die Zambesi tot by Vila de Sena waar ons oor die gemelde brug moet ry. Lyk soos ‘n ou treinbrug wat omskep is vir voertuie. Die planke waarmee die oppervlakte gebou is, is effens los en klap voordurend terwyl jy probeer om rond te kyk asook jou balans te hou. Die swaar gelaaide fietse maak dit egter nie makliker nie, en die een gedagte wat voortdurend by my opgekom het was die verduideliking wat ek vir my versekeraar sal gee as my fiets in die Zambesi te lande sou kom. Ons almal sou immers kon uitswem, dit wil se as ‘n krokodil ons nie eerste vir ontbyt sou vang nie. Nadat ons iets te drinke en te ete (Pao met eier en ‘n coke) in Mutarara gehad het, is ons verder oppad na Quelimane. Volgens James White is dit ‘n bekende toeriste roete (goeie gebruikte gondpad) en niks om oor bekommerd te wees nie. James was verkeerd. Die pad was onbegaanbaar vir vierwiel voertuie en die aanwesigheid van toeriste binne seisoen was uiters sigbaar of is dit nou onsigbaar. By die eerste rivier wat gekruis moes word was daar geen sig van ‘n pont nie, slegs ‘n uiters klein roeiboot. Na senuagtige bespiegeling deur Garth, Derrick en myself het ons besluit om die “girls” met die pont te laat kruis, en die fietse met ons bo-op, op eie stoom te laat kruis, deur deur die rivier. Na diè ekskursie was ons verwagting die van die spreekwoordelike “smooth sailing”, maar nee – nog ‘n rivier om te kruis en tot ons verbasing was daar ‘n pont aan die anderkant vasgemeer. Ongelukkig vir ons was hy nie funksioneel nie en sodoende moes ons die fietse afpak en met ligte bootjies kruis. Weereens het die versekeraar gedagte by my opgekom. Meer as ek, het Garth en Derrick met hul swaer BMW’s sekerlik ‘n sug van verligting gegee toe ons almal veilig en droog aan die anderkant geland het. Die grondpad verder was uiters moeilik en gevaarlik siende dat ons dit in die aand moes ry. Uiteindelik het ons by Quelimane aangekom. Vandaar is ons verwys na die “Zalala beach resort” met die belofte van ‘n uitsondelike maaltyd by Mama Rosa – die eienaar van gemelde. Nadat ons by Zalala begroet is met ‘n boheemse partytjie het Mama Rosa gestand gedoen aan haar reputasie met varsgeslagte hoenders en ‘n paar Duece M’s. Dit was uiters welkom siende dat ons eers na middernag daar aangekom het.

Die volgende oggend het ons besluit om die dag daar te vertoef en die omgewing bietjie te verken. As ek ooit besluit om ‘n onberekende belegging te doen sal dit beslis iets soos ‘n erf in die dorpie wees. Tot ons almal se verbasing het ons selfs in ‘n mede Suid Afrikaner vasgeloop, en nogal van Durban af. Die nuutste ervaring hier was die “mandy” wat dien as stort asook die spoel vir die toilet. Dit is ‘n groot drom water met ‘n kleiner een wat gebruik word om af te spoel, seep smeer en weer afte spoel, asook die toilet te spoel. Vreemd as jy nie gewoond is daaraan nie. Hierdie vreemdheid het gou verdwyn namate ons verder noord beweeg het.

Vanaf Quelimane was die “teerpad” redelik gangbaar. Ironies dat ons, ons eerste papwiel tydens die skof gehad het. As gevolg van die vorige skof se vermoeiende grondpaaie het ons almal die bande so effens afgeblaas, en natuurlik nie weer opgeblaas nie. Die KTM se agter binneband het op ‘n sinkplaat pad deurgestamp, en siedaar, ‘n slangbyt. Dit was egter ‘n helse ervaring om die spulletjie reg te maak deurdat ek twee voorste binnebande ingepak het, en ons die binneband moes herstel en nie net vervang nie. By Malocue het ons besluit om te oornag in ‘n “gastehuis”. Weereens hoender en skyfies (franco en patato) vir aandete. Opvallend was die hoenders se uitsonderlike lang bene – spekulasie wil dit hê dat hierdie hoenders as resies hoenders aangewend word en dan op ‘n baie hoe ouderdom geslag word, wat dan sodoende as ‘n uiters taai ete voorgesit word.

Dit was duidelik dat Frelimo se sterkste setel in die noorde voorkom deurdat slagspreuke ooral te sien was. Ons roete het ons nou weer in ‘n noord oostelike rigting na die baie bekende “Isle de Mocambique” geneem. Gemelde eiland is in die antieke tye gebruik vir die uitvoer van ivoor en slawe deur Arabiese handelaars. Gedurende die draai van die 15de eeu het die Portugeuse aangeland en hulself daar gevestig nadat die mag van die Arabiese sultan oorgeneem is. Sederdien was die eiland (afgelope 400 jaar) die hoofsetel van Mosambiek. Na ‘n besoek aan die eiland is dit moeilik om te glo dat dit eens op ‘n tyd ‘n ekonomise krag was. Die Europeuse invloed is steeds duidelik maar erg verwaarloos. Een van die talle toeriste wat daar aandoen met die kommersiële toerist bote wou ons egter nie glo dat ons padlangs tot daar gery het nie. Hy was totaal uit die veld geslaan toe hy ons fietse sien en besef dit was nie met voertuie nie. Die ervaring van die besoek sal ons sekerlik bybly as ongelooflik, vir ‘n baie lang tyd. Die aand het ons afgepak in Nakala, ‘n baie vooruitstrewende kusdorp. Bay Diving, beter bekend as “Fim do Mundo”was ons gasheer vir die aand. Die paaie na die oornagplekke bly maar ‘n grillirige spulletjie deurdat dik sand aan die orde van die dag is.

Vroeg die volgende oggend is ons steeds verder noord, verby plekke soos Pemba en Mucojo oppad na Mocimboa da Praia. Mocimboa het sekerlik een van die mooiste sonsondergangs wat ons nog gesien het. Die teendeel kan egter gesê word van die mense en die dorpie self. Ons is aangeraai om nie ons fietse uit ons sig te laat nie as gevolg van (volgens die eienaar van Mocimboa da Praia camping & lodging) defnitiewe diefstal. Ons was dus genoodsaak om die fietse binne in die bouvallige rondavel in te stoot waar ons geslaap het vir beveiliging. Volgens een van die talle kontrakwerkers is die dorpie bekend as die “hellhole”van Mosambiek. Smokkel met dwelms (heroine) blyk ook ‘n algemene kommersiële tydverdryf te wees. Kersaand in Mocimboa was dus nie die beste kersaand wat ons al beleef het nie.

Vanaf Mocimboa was die paaie erg verwaarloos tot by Palma (noordelikse dorpie in Mosambiek). Die nasionale pad vanaf Palma tot by die Ruvumo rivier (grens tussen Mosambiek en Tanzanie) was en is sekerlik steeds nie net erg verwaarloos nie maar om dit sag te stel, amper onbegaanbaar. Derrick het verskeie kere met moeder aarde kennis gemaak op hierdie ……..pad. By die Ruvumu rivier, soos gebruiklik in Mosambiek, was die pont weereens nie funksioneel nie. Die oplaai en aflaai van fietse op supisieuse bootjies was nou al ‘n aangelleerde kuns, en siedaar ons is oor die Ruvumu ($125 verder) in Tanzanie in. Die feit dat die noordelike deel van Mosambiek nie eintlik ‘n toeriste mekka is nie, is ondersteun deurdat ons die laaste ander toeriste by James White (voor die oorsteek van die Zambesi) gesien het. Effense alleen gevoel?!

Ons is Tanzanie in met ‘n optimistiese verwagting van teerpaaie en ontwikkeling. Na die oorsteek van die Ruvumu, het ons die aand so teen 20h00 in Mtwara aangekom. Ons was almal baie moeg, Derrick was seer van al die gevallery, en selfs Garth het nou al met ‘n sanderige stuk pad kennis gemaak, en dit boonop in die aand. Dus het die Mtwara Peninsula Hotel met lugverkoeling en al na ‘n goeie roep geklink.

Die volgende oggend, nadat Garth en Marianne eers hul hare laat skeer het (no.1 vir Garth en no. 2 vir Marianne), en ons almal dollars vir shelingi verruil het, is ons verder noord. Wat ons verwag het en wat ons gekry het in terme van paaie, was onheilspellind om die minste te sê. Vir ongeveer 550km was ons spoed gemiddeld onder 40km per uur. Die ontwikkeling was wel aanwesig……die oorspronklike vorm van ontwikkeling. Die swakste pad wat ek al in Suid Afrika gery het, het nou die vorm van ‘n Duitse “autobaan” in my gedagte aangeneem. Ten tyde van ons tog verder noord teen die ooskus van Afrika, het ‘n Tsunami, Indonesie getref, en was oppad na die kus waar ons ry. In Kilwa Kisiwane (300km noord van Mtwara) ‘n baie populere visvang area het ons middagete geniet. Almal hier het ons gewaarsku oor die natuurlike verskynsel en selfs sms,e vanaf SA het dit ondersteun. Na ete is ons weg met die verwagting om laatmiddag in Dar es Salaam (of Dar vir kort) te arriveer. Die ontwikkeling op die hoofpad het dit egter nie toegelaat nie. Ons het die Silver Sands campsite & reserve, 20km buite Dar, eers 13h30 die volgende oggend bereik….?

Die republiek van Zanzibar was volgende op die spyskaart. Na ‘n 4 uur lange tog op ‘n pont - wat werk, het ons in Zanzibar aangekom. Weereens ‘n ongelooflike ervaring wat ‘n spesery toer, besoek aan die bekende vismark en slawegrotte, besonderse verblyf in stonetown (Annex of Abdulah) asook ‘n besoek aan die noordelike deel van die eiland insluit. Die grootste trauma van Zanzibar was die erge maagaandoening wat ek en Belinda met ons nuwejaars ete opgedoen het. Beide van ons het so 4kg in 3 dae afgeskud – en dit sonder oefening!

Vanaf Dar is ons weswaarts na die binneland van Tanzanie. Na ‘n laatoggend koeldrank en sjokolade in Morogoro is ons deur die Mikumi Nasionale park na Iranga. Die  wildlewe en natuurskoon vanaf Mikumi tot by Iranga is absoluut asemrowend. Hierdie roete is ‘n absolute moet vir enige natuur liefhebber….en selfs die wat nie is nie. Net anderkant Iranga het ons by die ‘’Old Farm House camping” tent opgeslaan.    

Vanaf Iringa is ons steeds verder wes to by Mbeya. Ongeveer 180km suid van Mbeya glip ons oor die Malawi grens, oppad na die noordelike punt van die 650km lange meer. By die noordelike dorpie, Karongo, het ons toe oornagplek by Mufwa Lesuire Lodge & Camping gekry. Die “lodge” lyk asof dit tydens die vervloeë koloniala dae ‘n baie gesogte vakansieoord was, steeds baie skoon maar effens afgeleef. Namate ons vêrder suid met die meer afbeweeg het, hoe meer het ons, ons vasgeloop in toeriste. Hierdie was ‘n populêre roete vir die “Overlanders” - trokke met ‘n spul spierwit buitelanders ingeryg, wat soveel as moontlik uit hul “Africa experience” probeer haal – gewoonlik met die hulp van ‘n oormaat drink van bier en ‘n konstante gesuig aan kannabis “zolle”.

Chitamba beach lodge, oorkant die bekende Livingstonia berg het ons voorsien van middagete en iets kouds om te sluk. Vanaf Chitamba is ons berg-uit tot bo. Die uitsig van hier af was asemrowend. Belinda was steeds baie siek….en dit oor garnale in Zanzibar. Ons het besluit om haar so gou moontlik by ‘n mediese dokter te kry. Mzuzu was gelukkig net so 100km weg. Belinda het ‘n sak pille gekry, ons iets te ete, en ons is verder suid tot by Kande beach. Kande beach resort was en is steeds bekend vir sy ekstreme sosiale aktiwiteite, veral om te voorsien aan die behoefte van die partytjie uitgehongerde Amerikaners, Europeurs, Australianers ens. wat met die volgestopte “overland trokke” daar aankom. Die ou sê ding gaan “if you can’t beat them, join them”, en sodoende was ons dus genoodsaak om saam met diè ekstreme wit mense vanaf die vêrre noorde te fuif, of met frustrasie wakker te lê in jou beknopte te tent.

Na twee welverdiende rusdae by Kande is ons steeds verder suid, af met die meer. Garth en Derrick het besluit om tot by Monkey Bay – heel suid op die oewers van die meer te gaan. Ek en Mariaan het met die motivering van die agterband van die KTM besluit om by Salima wes te draai, en sodanig die kortste moontlike roete terug te neem na die moederland.

Ons het die nag by die “Garder Peacock Resthouse” in Lilongwe oornag. Behalwe vir die smaaklike kos by die Koreanse restaurant op dieselfde perseel, kon mens duidelik sien jy is terug in die dorp – niks watwonders nie, en nie altyd baie skoon nie.

Vanaf Lilongwe is ons reguit na die Zambiese grens. Na die effens dorperige ervaring in Lilongwe, was die oop en uitgestrekte vlaktes van die Zambiese landskap heerlik op die gemoed en oog. Net duskant Lusaka het ons tuisgegaan by die “Pioneers Camp”. Ons het besluit om sag te gaan en ‘n heerlike lugverkoelde rondavel was ons slaapplek vir die nag. In Lusaka het ons eers probeer om ‘n agterband vir die KTM te kry…..ons optimisme is baie gou gedemp. Net buite Lusaka is ek boonop deur die radar brigade voorgekeer…..wel ek hèt 120km in ‘n 60km sone gery. Na ‘n gekibbel met die verkeerspolisie, is ek na die “man in die stoel” toe – dis nou die hoof van diè manne. ‘n Waarskuwing vir my oortreding was buite die kwessie, maar ‘n 10$ (Amerikaans) noot het “die man in die stoel” laat besluit dat ‘n brutale waarskuwing die regte straf vir my is. Laatmiddag het ons in Zimbabwe – Vic Falls ge-arriveer.

Met die inflasiekoers wat die afgelope jaar of wat die hoogte ingeskiet het in Zim, was dit uiters duur om ‘n relatiewe blyplek te kry teen ‘n billike prys. Uiteindelik het ons by die Inyati Valley Restcamp & Camping  met ‘n aanvaarbare rondavel geholpe geraak. Die volgende oggend, is ons soos gebruiklik in Vic Falls, na die valle. Dit bly maar iets uitsonderlik om te sien. Maianne het selfs oorweeg om te bungee, ongelukkig of gelukkig het die onbeheersde inflasie op alle pryse dit nie toegelaat nie. Die middag laat is ons vir ‘n sonsondergang bootrit op die Zambesi. Die Zambesi lagers was heerlik, die kos smaaklik, die wild (veral olifante) was volop, maar die volgende oggend se effense kopseer…..nie so aanvaarbaar.

Die beskikbaarheid of afwesigheid van brandstof het ons genoodsaak om deur Botswana (effense ompad) terug na SA te ry. Vanaf Vic falls lei die roete ons tussen die Chobe Nasionale park en Hwange Nasionale park na Nata. Nodeloos om te sê was die wild volop en die natuur iets besonders. Vanaf Nata is ons verby die Makgadikgadi panne in die rigting van Francistown. In Francistown het ons afgepak by die Francistown Town Lodge. Die agterband van die KTM was nou reeds op die seil. My verwagting ten opsigte vir die beskikbaarheid van ‘n KTM 950 agterband in Francictown was ‘n ronde nul. Ook met reg want die volgende oggend by die motorfietswinkel was die eienaar baie beindruk met my fiets – het nog nooit so een gesien nie. Ons moes ‘n plan maak en hy het my sodoende voorsien van ‘n Yamaha TW 200 se voorband. Diè band was effens aan die smal kant maar die omtrek was perfek. Vanaf Francistown is ons suid na Serowe vanwaar ons weggedraai het na die Martins Drift grenspos. Buiten die feit dat ons avontuur nou tot ‘n einde gekom het was dit tog lekker om weer op Suid Afrikaanse bodem te wees. Siende dat ek en Marianne in ‘n wildreservaat net noord Pretoria bly, was die skok om weer tuis te kom darem nie te erg nie…..steeds in die bos.

Samevatting      

Die totale avontuur was ‘n wonderlike ervaring. Met tye was ons vêr buite ons gemaksone, maar dit is tog waaroor dit gaan. Indien anders sou dit nie ‘n avontuur gewees het nie. Persoonlik gun ek elke persoon (indien dit jou ding is) om iets soortgelyk aan te pak.

Wat hierdie avontuur soveel meer waarde vir my gegee het is die primêre navorsing wat ek op die roete gedoen het. ‘n Kollega (Prof Neels van Heerden – Tuks) en ekself het die geleentheid gesien om navorsing op die gebied van avontuur toerisme bemarking te doen. Ons is huidig in die proses om ‘n akademiese artikel te skryf en be-oog om dit in ‘n Internasionale joernaal gepubliseer te kry.

Enige navrae omtrent die roete wat ons gedoen het kan verkry word by:

            Garth Bell –                GPS punte en roete (0828091058)

            Hein Prinsloo-            (0829040977)

Story by Hein Prinsloo